Kliek op die piekiepentjie van elke roete vir meer inligting of skakel na Trails & Travel vir die bespreking en roetebeplanning van jou staproete vakansie

Blyderivierskloof Staproete

Die Blyderivierskloof Staproete is geleë in die Blyderivierskloof-natuurreservaat in Mpumalanga. Dit is waarskynlik Suid-Afrika se bergreeks met die mees asemrowende uitsig en uitkykpunte, met 'n 33 kilometer kloof en pragtige rotsformasies. Die rivier het eens op ‘n tyd hier met ‘n sterkstroom gevloei wat die skouspelagtige kolkgate gevorm het. Hierdie gebied het die derde grootste kloof ter wêreld en is ongetwyfeld 'n natuurlike wonder wat dit defnitief die moeite werd maak om te besoek.

Meer inligting ...

Bosveld-Wild Staproete

Die beste manier om die ware Afrika-bos te ervaar, is te voet. Volg spore en roetes by 'n groot, ongerepte private wildreservaat in Suid-Afrika, en ervaar in die nag die nabyheid van die natuur en die sterre. Ons Bosveld-Wild Staproete is 'n unieke Afrika-wildlewe-ervaring by die Zinnshoek Privaat Wildreservaat in die Waterberg-omgewing, Limpopo Provinsie, Suid-Afrika.

Meer inligting ...

Kaapse Hoogland Staproete

Ervaar die beste van Kaapstad en die Wes-Kaap te voet. Dit is 'n kombinasie van vier van ons 4/5 dagroetes - Kaapstad, Kaapse Wynland, Franschhoek en Hermanus. Die program is aanpasbaar, maar strek gewoonlik oor 160/170 km oor 15 dae. Dit is ideaal vir eerste keer besoekers aan Suid-Afrika. Dit sluit sommige van die gewildste toeriste-aantreklikhede in Suid-Afrika in soos Tafelberg, die V & A Waterfront, die Atlantiese kuslyn, historiese Stellenbosch, die wynlande, walviskyk in Hermanus en die unieke Kaapse blommeryk (Fynbos). Hierdie is die enigste streek wat 'n hele blommeryk insluit, en hou vyf van Suid-Afrika se 12 endemiese plantfamilies en 160 endemiese genera in. Dit beslaan ‘n total van 78,555 km² binne die grense van Suid-Afrika. Dit is een van die vyf gematigde Mediterreense tipe stelsels en is een van slegs twee streke wat 'n hele blommeryk insluit.

 

Meer inligting ...

Kaapstad Begeleide Voetslaanroetes

Die Voetslaanroetes word in 4 kategorieë verdeel en bied ‘n wye verkeidenheid roetes aan om voorsiening te maak vir diegene wat nie juis baie fiks is nie en net die natuurskoon in ‘n rustige wandelroete wil bewonder tot redelik en meer uitdagend. Vir diegene wat ‘n volledige buitelug ervaring van sonsopkoms tot sonsondergang in die berge wil beleef kan daar oornag roetes ook gereël word.

Meer inligting ...

Kaapse Trippel Voetslaanroete

Die Kaapse Trippel Voetslaanroete is 'n 11 dae (10 nagte) begeleide voetslaanroete om drie verskillende streke in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, te ervaar. Verken Kaapstad se hoogtepunte soos Tafelberg en Kaappunt, die Cederbergberge en die Kogelberg-gebied. Dit is 'n ideale vakansie vir eerste keer besoekers aan die Wes-Kaap wat dit geniet om te stap.

Meer inligting ...

Cederbergrylaan & Staproete

Die Cederberg Wildernis is 'n wêreld erfenisgebied bekend vir sy skouspelagtige landskappe, rotsformasies, botaniese diversiteit, antieke rotskuns en baie spesiale staproetes. Die Cederbergrylaan en Staproete bied die ideale geleentheid om die Cederberg-hoogtepunte te ervaar.

Meer inligting ...

Cederberg Erfenis Staproete

Die majestueuse en ruig Cederberge is net 2½ uur noord van die pragtige stad Kaapstad, Suid-Afrika. Dit het 'n skouspelagtige berg landskap, is 'n skatkamer van rotskuns en het 'n ryk botaniese diversiteit, wat deel vorm van die Kaapse Blommeryk. 'n Groot gedeelte is 'n geproklameerde Wildernisgebied wat onlangs die Wêrelderfenisstatus verkry het.

Meer inligting ...

Cederberg Voetslaanroete

Die Cederberg-wildernisgebied beslaan sowat 71 000 ha ruig bergagtige terrain, ongeveer 200 km noord van Kaapstad, Suid-Afrika. Dit het onlangs werelderfgoedstatus behaal en is bekend vir sy skouspelagtige landskappe, rooi sandsteen en rotsformasies, botaniese diversiteit en rotskuns. Daar is 'n indrukwekkende verskeidenheid Boesmans-rotskuns, wat deur die oorspronklike San-inwoners nagelaat is. Dit is deel van die Kaapse Blommeryk. Die Clanwilliam Cedar, 'n bedreigde Red Data-spesie, kan hier gevind word. Die skaars Kaapse bergluiperd kom hier algemeen voor, alhoewel hy baie skaam is en selde gesien word. Diere wat algemeen gesien word sluit in : bobbejane, dassies, grys rheebok, klipspringers, die klein grys muishond en die gestreepte Polekat. Hier is ook oorvloedige voëllewe met meer as 100 voëlspesies, onder andere die swart arend, Rock Kestrel en Jack Buzzard, is van die mees algemene roofvoëls.

Meer inligting ...

Drakensberg Voetslaanroetes

Die skouspelagtige uKhahlamba Drakensberg-park in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, is in 2001 die status van 'n Wêrelderfenisgebied deur UNESCO toegeken. Dit bied skilderagtige natuurskoon, goeie staproetes, wêreldbekende rotskuns en 'n geestelike atmosfeer. Die berge oorskry 'n gemiddelde hoogte van 3,000 meter en vorm die hoogste reeks in Afrika, suid van Kilimanjaro.

Meer inligting ...

Franschhoekvallei Staproete

Die Franschhoekvallei Staproete, bied ‘n selfbegeleide stap-en-wandel-vakansie en bied die ideale geleentheid om Franschhoek, wat bekend staan as die kos- en wynhoofstad van Suid-Afrika, te beleef. Franschhoek in 1688 deur Franse Hugenote gestig en is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika. Dit is 'n bestemming wat ontwikkel het tot 'n historiese meesterstuk omring deur natuurskoon en bied besoekers topklas fasiliteite sowel as onvergeetlike aantreklikhede. Franschhoek is bekend vir sy skouspelagtige wynlandgoed, interessante winkels en kunsgalerrye. Die  hoofstraat van die dorp is gelaai met energie tydens die jaarlikse feeste. Dit tooi die vallei in kleur, musiek, dans en vrolikheid terwyl die restaurante wêreldklas disse bied!

Meer inligting ...

Hermanus Staproete

Met die Fernkloof Natuurreservaat op sy drumpel bied Hermanus besoekers skilderagtige staproetes en voëlbesigtiging. Die skoon uitgestrekte strande bied rustige wandelings terwyl die golwe vlak teen jou voete breek. Walvisse kan gewaar word vanaf van Junie tot Desember is 'n groot toeriste aantreklikheid. Hermanus se twee strandmere en die see bied 'n watersport paradys vir kajak, kano, branderplank-ry, ens. Haaihok-duik bied 'n adrenalien belaaide ervaring vir avontuur liefhebbers. Hermanus het iets vir almal. Hermanus is dalk nie meer ‘n klein dorpie nie, maar die karakter en atmosfeer van hierdie lewendige dorp bied 'n lewenstyl wat min plekke kan ewenaar.

Meer inligting ...

Kogelberg Staproete

Die Kogelberg Staproete is geleë in 'n gebied wat bekend is vir sy ryk blommeryk. Dit is Suid-Afrika se eerste geregistreerde biosfeerreservaat. Die biosfeerreservaat bied asemrowende uitsigte en landskappe van pragtige wit- en rotsstrande, sonsondergange oor Valsbaai en berge wat strek van smal kusvlaktes, tot wingerde en boorde in vrugbare grond in die hooglande. Die skouspelagtige seestreek en landskappe - en die rykdom van sy fauna en flora, is ‘n groot toeriste aantreklikheid vir natuurliefhebbers. Die Kogelberg is ‘n gewilde streek en die aantal vakansiegangers, inwoners en eienaars groei jaarliks.

Meer inligting ...

Kruger en Kloof Voetslaanroetes

Ervaar die Kruger Nasionale Park - Suid-Afrika se voorste binnelandse toeristebestemming en die Blyderivierskloof - een van die grootste klowe ter wêreld. Besigtig wild en dompel jouself in die wildernis en geniet die pragtige landskappe en natuurskoon van die Blyderivierskloof.

Meer inligting ...

Kruger Park Safari

Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en 'n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Meer as 'n miljoen toeriste besoek die Krugerwildtuin elke jaar. Dit is die land van die kremetarte, koorsbome, knopdorings, maroela en mopaniebome en tuiste van meer soogdiere spesies as enige ander Afrika-wildreservaat. Dit is ook die tuiste van die groot vyf (leeu, olifant, renoster, buffel, en luiperd) en bevat ongeveer 2 000 plantspesies, 507 voëlspesies, 147 soogdierspesies, 114 reptielspesies, en 49 visspesies. Daar is geen beter manier om ‘n intense bos ervaring te hê as om te voet daardeur te stap nie.

Meer inligting ...

Kruger Wildernis Voetslaanroete

Daar is geen beter manier om ‘n intense bos ervaring te hê as om te voet daardeur te stap nie. Die Kruger Wildernis Voetslaanroete is 'n stap safari in die Groter Kruger Park area. Die nabyheid van die natuur en die ongeëwenaarde gevoel van "in die bos" is die konsekwente tema van die Kruger Wildernis Voetslaanroete. Die besondere kenmerke van die outentieke safari-ervaring is die eksklusiwe wildbesigtiging en toegang tot 'n kundige gids en spoorsnyers.

Meer inligting ...

Die Mees Suidelike Staproete

Die Mees Suidelike Staproete is 'n kuswandeling by die suidelike punt van Afrika waar die Atlantiese Oseaan en Indiese Oseane ontmoet. Die besoeker sal beloon word met asemrowende uitsigte, pragtige strande, klippiebaaie, rotspoele, fynbos en blommeprag, en 'n interessante geskiedenis van skeepswrakke, vissers en Khoikoi-strand-nomades.

Meer inligting ...

St Francis Kus Staproete

St Francis Kus Staproete bied 'n wandelroet vakansie in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Dit is tussen drie prentjiemooi visvangdorpies langs 'n ruwe kuslyn, sandduine sover as wat die oog kan sien, 'n getyrivier, beskermde fynbos en vleilande, geleë.

Meer inligting ...

Sonskynkus Avontuur

Die Sonskynkus Avontuur neem jou deur die hart van die Sonskynkus in die Oos-Kaap van Suid-Afrika, tussen Port Elizabeth en Port Alfred. Die wandeling begin in die Woody Kaap-gedeelte van die Addo Olifant Nasionale Park en eindig in die pragtige kusdorp Port Alfred.

Meer inligting ...

Weskus Staproete

Die Weskus Staproete is 'n selfgids stap-en-wandel vakansie. Dit is 'n geleentheid om die unieke Weskus van Suid-Afrika te sien en die lewe in die vissersdorpe St Helenabaai (Shelley Point), Paternoster en Jacobsbaai te ervaar.

Meer inligting ...

Wildekus Staproete

Die Wildekus Staproete 'n toer vir diegene wat die Wildekus te voet wil verken, maar elke aand in die beste hotelle of lodges, wat uitgesoek word vir hul gehalte en diens, langs die roete wil spandeer. Die Wildekus van Suid-Afrika is een van die land se mees afgeleë en pragtige kuslyne. Dit is 'n uitstekende wandelgebied met dramatiese landskappe, ongerepte strande, hoë duine, golfbewegende rotse, skeepswrakke, rollende heuwels en kronkelende riviere.

Meer inligting ...

***