GASVRY bied vir jou ‘n briljante oplossing om jou besigheid te bemark. Om jou miniblad op te stel is baie maklik en vertoon lieflik! Jou kliënte sal mal wees oor die gebruikersvriendelike platform waarop hulle al jou besigheid se inligting kan vind en jou in ‘n japtrap kan kontak.

1. Lys jou besigheid

Skep jou besigheid se miniblad in 'n paar maklike stappe:

  • Registreer as minibladeienaar
  • Voltooi die vorm en laai foto's op
  • Koekeloer na die voorskou van jou miniblad
  • Betaal volgens die opsie wat jou sak pas
  • Geniet die voordeel van jou GASVRY bemarking

Wat is ingesluit in my miniblad pakket? →

Koekeloer na 'n miniblad voorbeeld →

2. Betaalopsies

GASVRY bied vir jou gerieflike betaalopsies aan om jou sak en besigheid te pas. Betaal aanlyn per kredietkaart en kies of jy jou jaarlikse intekening maandeliks, kwaartaalliks of jaarliks (eenmalig) wil betaal.

(Pssst... betaal jou intekening eenmalig en kry 2 maande korting!)

Tariewe en pakkette →

Documentary-Wedding-Photographer-Cape-Town-Jani-B-127

3. Laat jou besigheid ontdek word

GASVRY se maklike soekfunksies sal jou besigheid in ‘n japtrap aan jou kliënte se vingers hê. Al jou kontak besonderhede, kaart- en roete aanwysings en direkte aanlyn kontak boodskap bring jou dadelik in verbinding

Vind met maklike soekfunksie →

4. Interaktiewe Bemarking

Ons bied 'n verskeidenheid opsies om jou besigheid verder (en absoluut gratis!) te bemark deur promosies, artikels en dagboek inskrywings. Jou kliënte kan hul ervarings deel en spog dat dit 'n slim keuse is om met jou besigheid te doen.

  • Promosies : Bemark spesiale promosies op miniblad
  • Artikels : Nuus, gebeure, meelewing
  • Dagboek : Feeste & Okkasies
  • Gradering : Ster toekenning vir gehalte diens
  • Gasteboek: Resensies van besoekers
  • Kommentaar : Lewer kommentaar op artikels
  • Sosiale media : Deel miniblad op sosiale media
  • Boekmerke : Stoor besighede as boekmerke

Jou besigheid is vir GASVRY net so belangrik soos wat jou kliënte vir jou is. 

Verken die gasvryheidsbedryf →

Eko-vriendelik1

5. Eko-vriendelik

Om Eko-vriendelik te wees word al hoe belangriker. GASVRY verbind homself tot 'n eko-vriendelike ingesteldheid en die ondersteuning van besighede en individue wat die bewaring van ons omgewing en planeet bevorder.

Vind  eko-vriendelike besighede→

Is jy gereed om al die mense wat saakmaak vir jou besigheid te bereik?