Barnfires Gasteplaas

Selfsorg plaashuis, genestel langs die Vaalrivier - Deneysville

Welkom by  Barnfires Plaashuis, vir 'n ware plattelandse leefervaring!

Kom ontspan in ons volledig gemeubileerde selfsorg plaashuis, (slaap 8), genestel langs die Vaalrivier  net 10 km van Deneysville af, en ‘n uur se ry van Johannesburg af.

Gaste word verseker van ‘n heerlike kuierhuis 200 m² - Volledig toegeruste kombuis met koolstoof verseker gesellige kuiers. Die kombuis en leefkamer met kaggel vorm 'n gesellige oopplan kuier-area en voorsien genoeg ruimte vir gaste wat lekker wil ontspan.

Barnfires se stoep is 'n gewilde uitspanplek! Hiervandaan kan jy die kinders dophou wat  speel terwyl jy 'n ogie hou oor jou knetterende vuurtjie - sou jy verkies om liewer buite te braai!

So bring jou visstok en kano of kom ry  die perde op die plaas. Hierdie is die perfekte plek om te herlaai en van dit alles weg te kom.

Ons bied die volgende:

  • Selfsorg plaashuis / volledig toegeruste kombuis met kool en gas stoof
  • Slaap 8 (2 dubbel & 4 enkelbeddens) kraakvars, wit linne & handdoeke voorsien
  • 3 badkamers (twee met stort & een met en bad)
  • Woonkamer met snoesige kaggel
  • Buite ingeboude braai op stoep
  • Baie gras vir kinders om op te speel (40 hektaars)
  • DSTV
  • BOMA buite
  • Kamp staanplek vir selfde groep wat huis bespreek

Aktiwiteite:

  • 100m privaat rivierfront (nie bevaarbare water)
  • Kano te huur
  • Perdry
  • Visvang
  • Staproetes
  • Voelbesigtinging
  • Piekniek
  • Plaaskuier
Deneysville FS ZA
Roete aanwysings

Gasteboek

Kontak Ons





  • Kontakpersoon: Embrenzia Loubser
  • Kontaknommer: 082 874 6578
  • Webtuiste: www.barnfires.co.za
  • Besigheidsure:

    Ma - So: 07:00 - 19:00

  • Betaal Fasiliteite:
  • Aantal kamers: 4 Kamers
  • Tyd in: 1:00 PM
  • Tyd uit: 1:00 PM
  • Tariewe vanaf: R1500 per eenheid
  • Watter taal praat ons?:

    Afrikaans
    Engels

  • Beleid:

    50% deposit word verlang om bespreking vas te maak. Prys hang af van aantal gaste - 6 gaste vanaf R1500 'n nag, min 2 aande se verblyf.

  • Verblyf Kategorie:
    Gasteplaas
    Selfsorg
  • Styl:
    Familie vriendelik
    Hartlik & warm
    Platteland
    Sakpas
    Stil en ontspanne
    Tradisioneel
  • Aktiwiteite:
    Perdritte
    Staproetes
    Visvang
    Voëlbesigtiging
  • Verblyf toegerus met:
    Bad
    Handdoeke
    Hangers
    Kluis
    Satelite / DSTV
    Stort
    TV
    Yskas
  • Naby geleë dienste:
    Casino
    Gholfbaan
    Winkelsentrums
  • Naaste Lughawe:
    Lanseria