Lyell's B&B

4 Ster gastehuis in Plettenbergbaai

Kandelare, kwaliteit en kraakvars afwerkings is net van die elemente wat met jou siel sal praat. Lyell's B&B****, in die hartjie van Formosa Bay, kyk uit oor die strandmeer en see met 'n 180º see-uitsig van die hoof-gastesitkamer af.

Al die aantreklikhede en geriewe is stapafstand van die B&B af, en die perseel is 'n oase vir rus en verfris, beslis die regte medisyne om die gewoel van die stad te ontsnap.

Daar is wasdiensgeriewe, parkering en ontbyt kan op versoek bedien word. Ons geriewe is tops, so ook ons diens. Alle beddens het katoenlinne, en vir ekstra gemoedsrus is daar 'n alarmstelsel.

By dié 3-verdiepinghuis sal jy beslis kan ontspan! Hier word gasvryheid gedeel - DStv-kamer, eetkamer, oopplan kombuis met genoeg geleentheid vir sosialiseer, lag en braai op die bedekte stoep.

Ons het ook 'n parkie vir die kleingoed.

Beacon Way 59
Plettenberg Bay 6600 WC ZA
Roete aanwysings

Kontak Ons





  • Kontakpersoon: Frikkie & Jacolien
  • Kontaknommer: +27 (0)44 533 5692
  • Webtuiste: www.lyellsbb.co.za
  • Besigheidsure:

    24/7

  • Betaal Fasiliteite:
  • Aantal kamers: 4
  • Tyd in: 2:00 PM
  • Tyd uit: 10:00 AM
  • Tariewe vanaf: R450 per persoon wat deel
  • Watter taal praat ons?:

    Afrikaans & Engels

  • Beleid:

    Kansellasie 0-14 dae voor die aankomsdatum OF as gas versuim om op te daag: gas verbeur 100% van die betaalde deposito.
    Kansellasie 15-28 dae voor die aankomsdatum: gas verbeur 75% van die betaalde deposito OF die vol kwotasiewaarde (die een wat die meeste is)
    Kansellasie 29 of meer dae voor die aankomsdatum: gas verbeur 50% van die betaalde deposito of 25% van die vol kwotasiewaarde (die een wat die meeste is)
    Gaste wat vroeg vertrek sal vir die oorspronklike bedrag aanspreeklik gehou word

  • Verblyf Kategorie:
    Bed & Ontbyt
  • Styl:
    Familie vriendelik
    Hartlik & warm
    Moderne gemak
  • Aktiwiteite:
    Visvang
  • Verblyf toegerus met:
    Baba wiegie
    Bad
    Balkon
    Eksterne wasgoeddiens
    Haardroër
    Handdoeke
    Hangers
    Internasionale kragpunt
    Kitchenette
    Kluis
    Ontbyt
    Satelite / DSTV
    Skoonmaakdiens
    Stort
    Tee / koffie
    TV
    Yskas
  • Naby geleë dienste:
    Brandstofvulstasie
    Gholfbaan
    Strand
    Winkelsentrums
  • Naaste Lughawe:
    George