Mamagalie Mountain Lodge

Luukse private akkommodasie in die hart van die Magaliesberg

Mamagalie Mountain Lodge lê in die hart van die pragtige Magaliesberg bergreeks, in Mooinooi, slegs 1½ uur se ry vanaf Johannesburg. Jy word hartlik ontvang met ‘n verfrissende drankie, sodat jy rustig kan ontspan en die majestueuse uitsig oor die Buffelspoortvallei en dam kan geniet terwyl jy afkoel in die swembad. Spandeer die aand in rustige elegansie, om 'n gesellige vuur of die vuurput onder die sterre hemel en luister na die nag geluide.

Verwelkom die nuwe dag met 'n wandeling deur die afgesonderde kloof, en luister na die pragtige geluide van die ontwakende bos. Ons het 1000 hektaar privaat en ongerepte bos en berg veld, wat jy op jou gemak kan verken. 'n Fikse stap na die top van die berg bied jou ‘n asemrowende uitsig oor die vallei. Op ‘n lekker warm dag kan jy in die verfrissende waterstrome afkoel. Die bos is 'n natuurliefhebbers paradys, met talle soorte flora en fauna.

Voëlliefhebbers is gewoonlik verseker van waarnemings van die Swart (Vereaux) Adelaar en Kaapse Aasvoël, asook 'n oorvloed van die kleiner spesies. Jy sal jy absolute privaatheid te geniet, aangesien die lodge net vir een party op 'n slag verhuur word. Ons luukse akkommodasie slaap van twee tot twaalf persone in stylvolle eenhede en word as "wêreldklas" beskryf. Ons vriendelike personeel bedien die lodge, sodat jy totale rus en vrede weg van elke dag se gewoel kan ervaar.

Ons luukse selfsorg eenhede het 'n volledig toegeruste kombuis, toegerus volgens die hoogste standaarde met 'n groot stoof, yskas/vrieskas en konveksie mikrogolfoond. Al wat jy tydens jou verblyf benodig, is kos en drank. Ons glo dat ons vier stergradering welverdiend is, en nooi jou om ons te besoek en ons hartlike gasvryheid eerstehands te ervaar.

Box 1065 Mooinooi 0325 NW ZA
Roete aanwysings

Gasteboek

Is hierdie jou besigheid?Geverifieerde miniblad

Verseker asseblief dat jou besigheid se besonderhede deurlopend bywerk word, sodat kliënte jou moeiteloos kan kontak

Kontak Ons





  • Kontakpersoon: Melanie
  • Kontaknommer: +27 (0)72 568 0806
  • Webtuiste: www.mamagalie.co.za
  • Besigheidsure:

    Maandae - Sondae : 08h00 - 17h00

  • Betaal Fasiliteite:
  • Besprekingskalender
    Koekeloer vir beskikbaarheid en bespreek jou sakpas opsie hier. *GASVRY hanteer geen besprekings nie en neem geen kommissie nie, maar laat jou die keuse om besprekings direk met die gasheer te maak, te bevestig en te betaal.
  • Aantal kamers: 10
  • Tyd in: 2:00 PM
  • Tyd uit: 10:00 AM
  • Tariewe vanaf: R375 per persoon wat deel
  • Watter taal praat ons?:

    Afrikaans & Engels

  • Verblyf Kategorie:
    Lodge
    Selfsorg
  • Styl:
    Familie vriendelik
    Hartlik & warm
    Historiese kultuur
    Klassieke elegansie
    Platteland
    Romanties
    Sakpas
    Stil en ontspanne
  • Aktiwiteite:
    Aktiwiteite vir kinders
    Fietsroetes
    Staproetes
    Tuinroetes
    Voëlbesigtiging
    Wildbesigtiging
  • Verblyf toegerus met:
    Bad
    Balkon
    Haardroër
    Handdoeke
    Hangers
    Satelite / DSTV
    Skoonmaakdiens
    Stort
    TV
    Yskas
  • Naby geleë dienste:
    Brandstofvulstasie
    Winkelsentrums
  • Naaste Lughawe:
    O.R. Tambo International