Kliek op die piekiepentjie van elke roete vir meer inligting of skakel na Trails & Travel vir die bespreking en roetebeplanning van jou fietsryroete vakansie

Kaapse Wynland Fietsryroete

Die Kaapse Wynland Fietsryroete is 'n 5 dae sorgvrye, selfgids vakansie. Dit is 'n geleentheid om die gebied rondom Franschhoek, Stellenbosch en Somerset Wes in styl te ontdek. Hierdie gebied word beskou as een van die mooiste dele van Suid-Afrika, met kenmerkende en skouspelagtige plattelandse- en wêreldklas wynlandgoed.

 

Meer inligting ...

Die Mees Suidelike Fietsryroete

Die Mees Suidelike Fietsryroete is 'n selfgids 7-dag fietsroete wat die Agulhasvlakte aan die suidelike punt van Afrika verken waar die Atlantiese Oseaan en Indiese Oseane ontmoet. Die roete dek interessante dorpe met vriendelike mense, ongerepte natuur, unieke fynbos en voëls, pragtige uitsigte en 'n interessante geskiedenis van skeepswrakke, vissers en Khoikoi-strand-nomades.

 

Meer inligting ...

Hermanus Fietsry Vakansie

Met die Fernkloof Natuurreservaat op sy drumpel bied Hermanus besoekers skilderagtige fietsryroetes en voëlbesigtiging langs die skoon uitgestrekte strande. Walvisse kan gewaar word vanaf van Junie tot Desember is 'n groot toeriste aantreklikheid. Hermanus se twee strandmere en die see bied 'n watersport paradys vir kajak, kano, branderplank-ry, ens. Haaihok-duik bied 'n adrenalien belaaide ervaring vir avontuur liefhebbers. Hermanus het iets vir almal. Hermanus is dalk nie meer ‘n klein dorpie nie, maar die karakter en atmosfeer van hierdie lewendige dorp bied 'n lewenstyl wat min plekke kan ewenaar.

 

Meer inligting ...

***